Louterwater is 'n nedersetting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is op die R62 hoofpad geleë.
Geskiedenis Die dorp het rondom die smalspoorlyn ontwikkel. Op 'n nabygeleë plaas met dieselfde naam is die landgoed van die familie Rademeyer. Hulle is afstammelinge van die kommandant JI Rademeyer wat homself gedurende die Sesde Grensoorlog (1834-1835) onderskei het. Hulle het hulle weg oopgeveg uit 'n hinderlaag wat self sir Benjamin D'Urban beïndruk het.
Distrik Die hoofkantoor van Langkloof Koöperatiewe Vereniging (Lanco) is hier gevestig. Hulle verpak, verkoel en versprei vrugte. Hulle beheer ook die verspreiding van kunsmisstowwe en landbouchemikalieë.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap