200px|regs duimnael|250px|Aanduiding van 'n Blouvlagstrand, 2007

'n Blouvlagstrand is 'n sertifikasie deur die Foundation for Environmental Education (FEE) dat 'n strand of mariene gebied aan hulle hoogste standaarde voldoen.

Kriteria Enkele van die kriteria waaraan 'n blouvlagstrand moet voldoen: Die swemwater is van uitstekende kwaliteit. Die strand word skoongehou. Daar is voldoende toilette en wasbakke op die strand. Reddingstoerusting en 'n noodhulppos is op die strand aanwesig. Ter beskerming van die natuurlike milieu van die see, strand en duine word voorligtingsaktiwiteite georganiseer.

Suid-Afrika Suid-Afrika het 58 strande met Blouvlagstatus. Teen 2010 is aan meer as 3 450 strande in 41 lande die predikaat Blouvlagstrand verleen. Dit is 'n internasionale toekenning aan strande wat hoë standaarde handhaaf wat betref watergehalte, kleedkamers, netheid, strandwagte, omgewingsopvoeding en bestuur. In die bemarking van 'n strandoord as 'n toeristebestemming is die Blouvlagstatus van groot belang.

By die volgende strande in Suid-Afrika wapper die blou vlag van die Stigting vir Omgewingsopvoeding:

Groter Kaapstad Clifton se vierde strand Kampsbaai Muizenberg Strandfontein Mnandistrand Bikinistrand, Gordonsbaai

Overberg Kleinmond Hawston Grottostrand, Hermanus

Suid-Kaap Lappiesbaai, Stilbaai Witsand aan die mond van die Breederivier Santos en Hartenbos (beide by Mosselbaai) Robberg by Plettenbergbaai

Oos-Kaap Dolfynstrand by Jeffreysbaai Humewood, Port Elizabeth Kariega se hoofstrand, by Kenton-on-Sea

KwaZulu-Natal Trafalgar Marina Strand Southport Umzumbe Hibberdene

Die volgende strande het voorlopige (pilot) status: Ramsgate Lucien

Verwysings

Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Internasionale standaarde