Midrand is 'n dorp wat ontwikkel het rondom Halfweghuis in Gauteng, Suid-Afrika. Halfweghuis is 'n dorpie wat veronderstel was om halfpad tussen Johannesburg en Pretoria te wees. Die dorp is weerskante van die N1 nasionale pad ontwikkel en die naam is afgelei van sy sentrale ligging in die Witwatersrand.
Die dorp staan bekend as setel van die Pan-Afrikaparlement van die Afrika-unie.
Infrastruktuur Daar is 'n Gautreinstasie, met die Grand Central-lughawe en die bekende Kyalami-renbaan wat in die dorp geleë is. Die renbaan is in 1961 gebou op die plaas met dieselfde naam Kya lami. Dit is 'n Zoeloe-frase wat "my huis" beteken.
Beelde
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.
Eksterne skakels
Midrand se Handelskamer Midrand Besigheidsgids en Gemeenskapsforum
Kategorie:Nedersettings in Gauteng