AFC is die Asiatiese Sokkerkonfederasie (Engels: Asian Football Confederation; Arabies: الاتحاد الآسيوي لكرة القدم). AFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 8 Mei 1954 gestig en hulle hoofkantoor is in Kuala Lumpur, Maleisië, geleë. Die amptelike tale is Arabies en Engels en sedert 2013 is Salman Al-Khalifa president van die AFC.
Australië is vanaf 1 Januarie 2006 die 46ste lid van die AFC. Voor dit was hulle deel van OFC (die Oseaniese Sokkerkonfederasie) gewees. Israel is in 1974 weens die Arabies-Israeliese konflik uitgesluit en het in 1994 by UEFA, die Unie van Europese Voetbal-assosiasies, aangesluit. Kasakstan breek ook in 2002 weg en sluit by UEFA aan. Nieu-Seeland was tot 1964 'n lid van die AFC, maar hulle het in 1966 'n stigterslid van die OFC geword.
Lidlande duimnael|links|Kaart van die verskillende sokkerbonde, lidstate van AFC in pienk duimnael|links|Kaart van die lidlande
Presidente duimnael|upright|Salman Al-Khalifa, die huidige president van die AFC Presidentskap President Van Tot Nasionaliteit 1 Lo Man Kam 1954 1954 2 Kwok Chan 1954 1956 3 William Sui Tak Louey 1956 1957 4 Chan Nam Cheong 1957 1958 5 Tunku Abdul Rahman 1958 1976 6 Kambiz Atabay 1976 1978 7 Hamzah Abu Samah 1978 1994 8 Ahmad Shah 1994 2002 9 Mohamed bin Hammam 2002 2011 10 Zhang Jilong 2011 2013 11 Salman Al-Khalifa 2013 hede
Sien ook Asiatiese Krieketraad Asië Rugby
Eksterne skakels
AFC se amptelike webtuiste
Kategorie:FIFA Kategorie:Sokker in Asië Kategorie:Sokkerbeheerliggaam