Jacques Lacan (13 April 1901 - 9 September 1981) was 'n Franse psigiater en psigoanalis wat beroemd geword het vir sy sogenaamde "terugkeer na Freud" en die diktum dat die onderbewuste gestruktureer is soos 'n taal.
Sy belangrikste invloede, benewens Freud, was die strukturele linguïstiek van Ferdinand de Saussure. Lacan is steeds invloedryk in literêre teorie, filmstudies, geslagstudies en die sielkunde.
Vroeë lewe Lacan is in Parys gebore as, die oudste van Émilie en Alfred Lacan's se drie kinders. Sy pa was 'n suksesvolle seep- en olieverkoopsman. Sy ma was streng Rooms-Katoliek.
Kategorie:Franse wetenskaplikes Kategorie:Psigiaters Kategorie:Psigoanalitici Kategorie:Geboortes in 1901 Kategorie:Sterftes in 1981