Johan Rossouw (20 Oktober 1965) is 'n oud-Springbokatleet. Hy is 'n voormalige houer van die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 meter wat hy op 23 April 1988 in 10,06 sekondes in Johannesburg opgestel het. Op 25 Junie 1992 word hy die eerste Suid-Afrikaner wat 'n wedloop by die Afrika-atletiekkampioenskappe kon wen.Meyer wen goud, Rossouw haastig in kort naelloop Danie van Wyk maak geskiedenis, Beeld, 26 Junie 1992

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse atletiekrekords

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense