Sheila Cussons (1922–2004)https://www.geni.com/people/Sheila-Cussons/6000000029681049040 was 'n Afrikaanse digter en skilder. Benewens haar talent as skilderes en beeldende kunstenares, was sy een van die belangrikste digters in Afrikaans.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Vir haar debuutbundel, Plektrum (1970), is sy met die Ingrid Jonkerprys, Eugène Maraisprys en die WA Hofmeyrprys bekroon. Daarna het nog tien ander bundels en meer pryse gevolg, onder andere die CNA-prys vir Letterkunde (1981) en die Louis Luytprys (1982). In 1983 is die gesiene Hertzogprys vir poësie vir haar hele oeuvre toegeken. Sy het 11 digbundels in haar leeftyd laat verskyn.

Cussons is by die Morawiese sendingstasie naby Piketberg, Suid-Afrika, gebore. As student behaal sy 'n BA graad in skone kunste by die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg. Die digter D.J. Opperman was haar vroeë mentor, en het haar beïnvloed om in Afrikaans te skryf eerder as Engels. Tydens haar huwelik met C.J.M. Nienaber het hulle in Amsterdam gewoon. Ná haar egskeiding, en 'n verblyf in Londen, het sy na Suid-Afrika teruggekeer. In 'n tweede huwelik, met Joan de Saladrigas, het sy na Barcelona verhuis. Twee seuns is uit die huwelik gebore. Sy keer na 21 jaar na Suid-Afrika terug, waar Joan haar by geleentheid besoek. Sy het 'n langdurende korrespondensie met N.P. van Wyk Louw gevoer, wat hulle wedersyds as opbouend vir hul werk beskou het. Nietemin het sy haarself altyd in die eerste instansie as 'n beeldende kunstenares gesien, en as digteres daarnaas. Na 'n dekade lange verblyf in Nazareth Huis, 'n Katolieke inrigting in Vredehoek, sterf sy daar in 2004 op die ouderdom van 82.News24.com: http://www.news24.com/Entertainment/SouthAfrica/Sheila-Cussons-dies-20041126

Lewe en werk Sheila Cussons is op 9 Augustus 1922 op die sendingstasie Morawië naby Piketberg gebore as een van drie kinders. Sy het ’n broer, André, en ’n suster, Maureen. Haar vader is van Ierse afkoms en haar moeder, ’n verpleegster, is Afrikaans. As spoorwegamptenaar word haar vader baie keer verplaas, wat meebring dat sy op verskeie dorpe en stede dwarsdeur die land grootword en altesaam dertien skole bywoon. Sy bly onder andere op Witrivier, Modderfontein, Beaufort-Wes, Port Elizabeth (twee kere) en Pretoria.http://www.oulitnet.co.za/seminaar/cussons.asp In 1938 slaag sy matriek aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, die eerste keer dat sy in Afrikaans onderrig kry. Vanaf 1939 studeer sy met ’n beurs in die Skone Kunste aan die Natalse Universiteitskollege in Pietermaritzburg, waar sy in 1942 die B.A.-graad in Skone Kunste met lof behaal en die Goue Medalje van die Fakulteit verower. Die jaar daarna verwerf sy die Hoër Onderwysdiploma met dubbele onderskeiding. In 1943 tree sy in die huwelik met die letterkundige en skrywer C.J.M. (Stoffel) Nienaber. Sy is eers vir ’n kort rukkie waarnemende dosent in Kuns aan die Natalse Universiteitskollege, maar aanvaar dan ’n betrekking later in 1943 as lektrise in Kuns aan die Tegniese Kollege in Pietermaritzburg, ’n pos wat sy tot 1946 beklee. Hierna is sy na Worcester waar sy tydelik verbonde is aan die Hugo Naudé-kunssentrum, met Jean Welz as hoof. In Johannesburg, Kaapstad en Pretoria hou sy ook enkele kunsuitstallings in hierdie periode, wat ook beeldende kuns insluit. Sy is deel van ’n besonder nou vriendekring Afrikaners in Pietermaritzburg in Natal, wat die Nienabers (Gawie en Stoffel), Jan Scannell, Flip Grobler en D.J. Opperman insluit. Opperman neem haar onder sy vlerke en moedig haar aan om uitsluitlik in Afrikaans te skryf, maar eers te reis sodat die verryking van hierdie belewenis neerslag kan vind in haar werk. Opperman neem dan ook sewe van haar gedigte op in die bundel “Stiebeuel”, wat hy in 1946 saam met F.J. le Roux opstel.

Lewe in Europa duimnael|links|200px|Sheila Cussons voor die ongeluk waarin haar gesig weens brandwonde geskend is.

Cussons skryf haarself in vir ’n M.A.-graad, maar staak haar studies toe sy in Maart 1947 na Londen vertrek, waar sy aan die Camberwell School of Arts and Crafts studeer en joernalistieke bydraes vir Die Burger en die BBC lewer. Sy gee ook vir ’n rukkie Afrikaanse klasse aan Engelse emigrante. Later sluit haar man by haar aan. Daarna gaan hulle na Amsterdam waar sy verdere onderrig in die grafiese kunste ontvang. Hier werk sy vanaf 1948 tot 1955 met talle onderbrekings by Radio Nederland in Hilversum, waar sy help met veral Afrikaanse programme. Vir ’n ruk beklee sy ook ’n pos by die Suid-Afrikaanse ambassade in Den Haag. Sy leer ken ’n hele aantal later leidende letterkundiges (Merwe Scholtz, T.T. Cloete, Ernst Lindenberg, F.I.J. van Rensburg en Elize Botha) en woon Van Wyk Louw se lesings oor die Afrikaanse literatuur by. Sy en Van Wyk Louw begin met ’n ernstige verhouding in die tyd wat Louw se vrou nog nie by hom aangesluit het nie en Stoffel Nienaber per skip terug is Suid-Afrika toe vir sy vader se begrafnis. In Augustus 1950 skei sy van Stoffel Nienaber. Haar verhouding met Louw duur etlike jare op ’n aan-en-af basis, hoewel hy nie van sy vrou skei nie. In die loop van 1953 ontmoet sy die Spanjaard Juan de Saladigras wanneer hy by die Spaanse diens van Radio Hilversum begin werk en ’n verhouding ontstaan later tussen hulle. In 1955 besoek sy Suid-Afrika nadat haar twintigjarige broer André op 21 Maart 1955 in ’n woonstel in Kaapstad deur ’n swanger 21-jarige vrou doodgeskiet is sowat twee weke nadat hy die verhouding verbreek het. Die vrou word later onskuldig bevind aan moord. Sheila spandeer meer as ’n jaar in Suid-Afrika en vertrek eers op 28 Desember 1956 per skip terug na Europa, waar sy op 17 Januarie 1957 in Amsterdam aankom. Tydens haar besoek illustreer sy self haar kinderverhaal, “Dawie Dagster en die Eenoogkinders”, wat egter verlore raak. Terug in Europa gaan sy op 16 Mei 1957 formeel tot die Rooms-Katolieke geloof oor en laat haar eerste huwelik in die oë van die kerk ongeldig verklaar. In Junie 1956 trou sy met Juan de Saladrigas. Hulle vestig hulle in Estartit, ’n kusdorp in die provinsie van Barcelona in Spanje.http://www.esaach.org.za/index.php?title=Cussons,_Sheila Later verhuis hulle na Canet in Katalonië en dan na Barcelona in die huis Immaculada wat sy self ontwerp. Twee seuns, Jordi en Jaime, word uit hierdie huwelik gebore.

Verminking In 1974 doen sy ernstige brandwonde op na ’n ontploffing van ’n gasstoof in haar vakansiehuis op die Costa Brava op Estartit. Sy word drie dae na die ongeluk eers deur haar seun gevind en moet ’n reeks veloorplantings en amputasies ondergaan (drie vingers aan elke hand en haar regterbeen bo die knie word afgesit). Sy bring ’n periode van twee jaar in die hospitaal deur en moet onder andere weer van vooraf leer skryf en met die kunsbeen leer loop. Na haar herstel sit sy haar werk as digter en skilder voort. Sy word deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie uitgenooi om in 1979 die boekeveiling van die Afrikaanse radiodiens by te woon en bring sodoende haar eerste besoek in tien jaar aan Suid-Afrika. In hierdie jaar stuur sy ook haar jongste seun, Jaime, na Suid-Afrika met die opdrag om ’n ruk hier te woon en werk.http://johanndelange.blogspot.co.za/2010/05/sheila-cussons-fabrieksgeheime.html

Terugkeer na Suid-Afrika Sedert 1982 is sy van haar man vervreem en woon sy in die St. Martini- woonstelgebou in Tuine in Kaapstad. Vanaf 1983 tree sy vir twee jaar as leidster op by die “letterkundige laboratorium” van die Universiteit van Stellenbosch en is sy dikwels gasspreker by die Universiteit van die Wes-Kaap. Haar werk in hierdie tyd word veral gekenmerk deur die deurleefde religieuse aard daarvan. ’n Spesiale dokumentêre program oor haar lewe en werk word in 1984 gemaak en oor televisie uitgesaai. Weens slaaploosheid kry haar gesondheid weer ’n knak en sy verlaat in Desember 1985 tydelik die land om in Spanje te herstel en by te wees by die geboorte van haar eerste kleinkind, waarna sy in 1986 weer terugkeer na Kaapstad. In die vier maande voor haar vertrek na Spanje woon sy aan huis van die digter Phil du Plessis. Benewens haar skryfwerk is sy regdeur haar lewe ook kunstenaar wat aanhou met skilder en teken. Vanaf 1997 tot met haar dood word sy in die Katolieke inrigting Nazareth House in Vredehoek, Kaapstad, versorg. Sy is op 25 November 2004 in Nazareth House oorlede.

Skryfwerk

Poësie Op sesjarige ouderdom verskyn haar eerste kinderversies in Die Jongspan en in die ATKV se amptelike tydskrif. Kort daarna begin sy om haar eie stories en versies te illustreer. Aanvanklik skryf sy beide Engelse en Afrikaanse gedigte. Haar eerste werk verskyn reeds in 1937 in Die Taalgenoot, waarna sy sporadies publiseer in Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring, Die Huisgenoot, Naweek, NUSAS en later ook in Engels en Afrikaans in onder andere Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Ensovoort.http://www.sahistory.org.za/people/sheila-cussons Hoewel van haar gedigte in 1946 in Stiebeuel opgeneem word, wy sy haar aanvanklik meer toe op haar skilderkuns as skryfwerk.Louw, W.E.G. “Van die stiebeuel in die saal” “Standpunte” Jaargang 2, no. 1, 1946 W.E.G. Louw beskou haar gedigte in Stiebeuel as die “gaafste en suiwerste” in die bundel. In dieselfde jaar trek sy ook die aandag met haar illustrasies vir C.J.M. Nienaber se novelle Keerweer. Hierna hou sy aan met dig en skryf veral baie gedigte tydens haar verblyf in Nederland in die vroeë vyftigerjare. Reeds in 1954 het sy ’n digbundel gereed vir publikasie, getitel Dekade 1943–1953, wat sy aan Nasionale Boekhandel voorlê vir publikasie. Eindelik besluit sy om dit op Opperman se aanbeveling terug te hou en geen van hierdie gedigte word in haar debuutbundel opgeneem nie. Engelse vertalings van sommige van hierdie gedigte verskyn in 1968 in The Penguin book of South African verse.

In 1970, vier en twintig jaar na Stiebeuel, maak sy ’n indrukwekkende debuut met Plektrum. In die bundel word ’n hele paar van die temas wat regdeur haar oeuvre voorkom, reeds aan die bod gebring: die religieuse en soeke na betekenis; die spel van kosmiese kragte as beeldbron en projeksie vir religieuse en persoonlike ervaring; en die openbaring van die metafisiese en die skilderkuns as stimulus vir kreatiwiteit en bron vir haar digkuns.Brink, André P. “Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1976Coetzee, A.J. “Standpunte” Nuwe reeks 100, April 1972 Plektrum word in 1971 met die Ingrid Jonker-prys en die Eugène Marais-prys en in 1972 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon.

Cussons se grootste digterlikeBrink, André P. Rapport, 9 Julie 1978 uitsette word egter eers gelewer ná haar ongeluk, wanneer sy in bietjie meer as tien jaar tien digbundels die lig laat sien. Sy erken in ’n onderhoud met ’n koerant dat die twee jaar wat sy in die hospitaal deurgebring het en die pyn wat sy moes deurmaak, eintlik ’n tyd van geboorte vir haar was.Brink, André P. Tweede Voorlopige Rapport. Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg Eerste uitgawe 1980 Vir die eerste keer het dinge losgekom uit haar verlede wat sy kon verwoord en het sy besef dat pyn ’n mens se bestaan voltooi, aangesien dit daardeur is wat mens die vreugde werklik kan ken en waardeer. Ook het sy nou ware menseliefde ontdek en ’n groter insig gekry in die menslike psige. Die swart kombuisCloete, T.T. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 17 no. 3, Augustus 1979 is die eerste van die bundels na haar ongeluk en openbaar haar vermoë om die heiligheid wat in die alledaagse skuil te sien en te verwoord.Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 19 no. 3, September 1979 God word gesien as ’n soort magneet wat die mens nadertrek, maar dan wyk sodat die mens nog nader kan kom, altyd nader, sodat die mistiek wat verwoord word, is soos wat ’n gelouterde mens dit belewe.Lindenberg, Ernst. Die Transvaler, 29 Julie 1978Scholtz, Merwe. Die teken as teiken. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1978