Die Kaapse stompneus (Rhabdosargus holubi) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en word aangetref vanaf St. Helenabaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Cape stumpnose.

Voorkoms Die vis is silwer van kleur met 'n lemmetjie-geel lyn aan die sye. Die gemiddelde grootte van die vis is 20 cm maar dit kan tot 40 cm groot word en weeg dan 3,5 kg.

Habitat Hulle kom voor in rotsgebiede en sanderige bodems vanaf die strand tot in water wat 50 m diep is. Die onvolwasse vissies is volop in die seegras in strandmere. Die wyfies skiet kuit gedurende die winter in KwaZulu-Natal en van Julie tot Februarie in die Oos- en Wes-Kaap. Dit is 'n smaaklike eetvis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Rhabdosargus-holubi.html http://eol.org/pages/213858/overview

Kategorie:Beenvisse