Slurry is 'n nedersetting in die Noordwes, Suid-Afrika. Die dorpie is tussen Zeerust en Mahikeng op die R27 hoofpad. In 1916 is 'n groot sementaanleg op die plaas Rietvallei opgerig en die meeste inwoners is werksaam by die aanleg. Die kalkklip word naby die dorp gemyn en die naam is afgelei van die Engelse woord "slurry" vir die mengsel van grondstowwe.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Nedersettings in Noordwes