Van Zylsrus is 'n nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê langs die oewer van die Kurumanrivier, sowat 105 km noordwes van Hotazel op die R31-hoofpad wat hier 'n gruispad is. Water in die rivier word hier maar selde gesien. Die dorpie is op die suidelike grens van die Kalahari.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap