Nowotsjerkassk (Russies: Новочерка́сск) is ’n stad in die Rostof-oblast in Rusland. Dit is op die regteroewer van die Toezlof-rivier en aan die Aksai-rivier geleë. Volgens die 2014-sensus het die stad 173 400 inwoners.

Dit is in 1805 deur Matwei Platof gestig as die administratiewe hoofstad van die Don-Kosakke-leër toe die inwoners van die stad Tsjerkassk verplig was om dié dorp aan die oewers van die Don-rivier te ontruim weens voortdurende oorstromings.

Tydens die Russiese Burgeroorlog was Nowotsjerkassk (letterlik "Nuwe Tsjerkassk") die middelpunt van die Don-Kosakke se teenrewolusie. Die Rooi Leër het die Wit Leër op 7 Januarie 1920 uit die stad verdryf. In 1962 is die plaaslike kosopstande wreed deur die Sowjet-weermag onderdruk in wat bekend geword het as die Nowotsjerkassk-slagting.

Verwysings

Eksterne skakels

Stadsforum Die Nowotsjerkassk-slagting, 1-3 Junie 1962

Kategorie:Kosakke Kategorie:Nedersettings in Rusland