Birgit Nilsson (17 Mei 1918 – 25 Desember 2005) was 'n gevierde dramatiese sopraan van Swede wat gespesialiseer het in opera- en simfoniewerke. Haar stem was bekend om die oorweldigende omvang, ryklike krag en die klokhelder duidelikheid van die boonste register.
Nilsson het uit 'n plattelandse agtergrond gekom en moes hard werk om aanvaarding in die musiekwêreld, maar haar indruk in baie rolle was so groot dat hulle begin bekend staan het as die "Nilsson repertorium". Sy het die operas van Richard Strauss gesing en gespesialiseer in Puccini se "turandot", maar dit was die musiek van Richard Wagner wat haar beroemd gemaak het. Op die kruin van haar loopbaan het Nilsson gehore verstom met die ongedwonge krag van haar stem, wat altyd kon uitstyg bo 'n orkes en met haar merkwaardige asembeheer, wat haar in staat gestel het om note geweldig lank aan te hou. Namate haar loopbaan ontwikkel het, het haar interpretasievermoë ook gegroei en so het sy 'n roerende kunstenares asook 'n vokale verskynsel geword. Onder haar kollegas het sy beroemd geraak om haar spitsvondige humorsin.
regs|duimnael|Birgit Nilsson tydens 'n operakonsert in Stockholm, Swede in Julie 1963. Nalatenskap Drie jaar ná Nilsson se dood, in Desember 2008, het die Birgit Nilsson-stigting aangekondig dat dit elke twee tot drie jaar 'n prys sal toeken aan 'n konsert- of operasanger, 'n klassieke of opera-dirigent, of 'n spesifieke produksie deur 'n operamaatskappy. Die prys word deur Nilsson se boedel gefinansier. Die stigting het gesê dat Nilsson die eerste wenner gekies het, wat vroeg in 2009 aangekondig sou word.
Op 20 Februarie 2009 is die Spaanse tenoor Plácido Domingo aangekondig as die eerste ontvanger van die prys, wat 'n kontanttoekenning van $1 000 000 meegebring het. Die eerste prysuitdeling het op 13 Oktober 2009 in die Koninklike Sweedse Opera plaasgevind. Koning Carl XVI Gustaf van Swede het persoonlik die prys aan die aangewese wenner oorhandig. ’n Jurie is deur die stigting saamgestel om aanbevelings vir toekomstige pryse te maak.Dave Itzkoff: "For Classical Music, a $1 Million Prize", The New York Times, 5 Desember 2008 Die tweede wenner van die Birgit Nilsson-prys was Riccardo Muti, wat die prys in Stockholm oo 13 Oktober 2011 in ontvangs geneem het. Op 9 April 2014 is dit aangekondig dat die derde ontvanger van die prys die Weense Filharmoniese orkes sou wees.
'n Pågatågen-trein is na Nilsson vernoem deur die spoorweg-operateur Skånetrafiken. Die trein, die Birgit Nilsson, was die eerste trein uit die nuwe X61-reeks wat die Malmö Sentrale Stasie in Desember 2009 verlaat het.
Op 6 April 2011 het die Bank van Swede aangekondig dat Nilsson se portret vanaf Oktober 2016 aangebring sal word op die 500 kronor banknoot.
Eerbewyse en pryse 1954 Hovsångerska (Koninklike Hof-sanger), Stockholm, SwedeTensy anders aangedui, is die bron van hierdie afdeling 1958 Goue medalje, Teatro Liceo, Barcelona, Spanje 1960 Swede: Koninklike medalje Litteris et Artibus 1960 Erelid van die Koninklike Sweedse Akademie van Musiek, Stockholm 1966 Sonning-prys, Denemarke 1967 Goue medalje vir die bevordering van die kuns van musiek (Sweeds: För tonkonstens främjande) van die Koninklike Sweedse Akademie van Musiek, Stockholm 1968 Oostenrykse Kammersängerin in 1968 1968 Erelid van die Weense Staatsopera, Wene, Oostenryk 1970 Eredoktoraat van Merrimack College, Andover, Mass. VSA 1970 Erelid van die Royal Academy of Music, Londen, Engeland 1970 Beierse Kammersängerin, München, Duitsland 1972 Denemarke: Koninklike medalje Ingenio et Arti 1974 Swede: Kommandeur Eersteklas van die Orde van Vasa 1975 Noorweë: Kommandeur Eersteklas van die Orde van Sint Olaf 1981 Goue medalje van die Koninklike Sweedse Opera (Sweeds: Kungliga Operan), Stockholm 1981 Swede: Illis Quorum goue medalje, 18de graad met ketting 1982 Eredoktoraat van die Manhattan School of Music, New York Stad 1982 Eredoktoraat van Michigan Staat-universiteit, East Lansing, VSA 1982 Sweedse-Amerikaner van die jaar-toekenning, New York Stad 1988 Duitsland: Kruis van verdienstelikheid Eersteklas van die Nedersaksiese orde van verdienstelikheid, Nedersakse 1991 Frankryk: Kommandeur van die Orde van Kuns en Lettere 1993 Royal Opera House Silwer medalje vir 25 jaar se diens as gaskunstenaar, Londen, Engeland 1994 Toekenning van die Swede–Amerika-stigting (Sweeds: Sverige-Amerikastiftelsen), New York Stad 1997 Eredoktoraat van die Sibelius Akademie, Helsinki, Finland 1999 Erelid van die Weense Filharmoniese orkes, Wene, Oostenryk 2012 Die tydskrif Gramophone se eregalery in 2012
Videografie The Metropolitan Opera Centennial Gala, Deutsche Grammophon DVD, 00440-073-4538
Verwysings
Nog leesstof Nilsson, Birgit, Mina minnesbilder, Stockholm: Bonnier, 1977; Nilsson, Birgit, My Memoirs in Pictures, vertaal uit die Sweeds deur Thomas Teal, Garden City: Doubleday, 1981; Nilsson, Birgit, La Nilsson, Stockholm: Fischer, 1995; La Nilsson: My Life in Opera by Birgit Nilsson, voorwoord deur Georg Solti, nawoord deur Peggy Tueller. Vertaal deur Doris Jung Popper, University Press of New England, 2007
Liese, Kirsten, Wagnerian Heroines. A Century of Great Isoldes and Brünnhildes, Engelse vertaling: Charles Scribner, Edition Karo , Berlyn, 2013
Eksterne skakels
Algemeen Amptelike webwerf Decca Classics webtuiste Metropolitan Opera Archives Birgit Nilsson-prys
Oudio (video) (video) (video) in a recording session for Solti's Ring (video) "Dich, teure Halle" (oudio, uit Tannhäuser), Nilsson gedirigeer deur Charles Mackerras vir die openingskonsert van die Sydney Operahuis
Televisieverskynings Birgit Nilsson tydens 'n uitsending van die Sweedse geselsprogram På parkett na haar onlangse optrede as Turandot in Berlyn, 15 Mei 1971 (deel 1) (in Sweeds) Birgit Nilsson tydens 'n uitsending van die Sweedse geselsprogram På parkett met die komponis Sten Broman, 15 Mei 1971 (deel 2) (in Sweeds) Birgit Nilsson en Zarah Leander gesels oor die lewe van 'n glanspersoon tydens 'n uitsending van die Sweedse geselsprogram Stjärna mot stjärna ('Ster vs Ster'), 25 Desember 1977 (in Sweeds) (in Sweeds) Nuusverslag uit 1984 oor Birgit Nilsson se meesterklas in Malmö, Swede (in Sweeds) Sweedse nuusverslag oor Birgit Nilsson se dood, met 'n videogreep saam met kommentaar deur werkers, ondersteuners en kollegas by die Koninklike Sweedse Opera in Stockholm, die Metropolitan in New York, die Wagner-genootskap en die Italiaanse Opera (Januarie 2006)
Onderhoude en artikels "Glänsande debut", Nilsson se debuut by die Koninklike Opera in Stockholm, Dagens Nyheter, 10 Oktober 1946 (in Sweeds) "Det finns ingen genväg för sångare", onderhoud, Dagens Nyheter, 17 August 1986 (in Sweeds) "Birgit Nilsson fyller 85 utan krusiduller", onderhoud, Svenska Dagbladet, 16 Mei 2003 (in Sweeds) "Sjuksköterskorna mobbad mig, Operastjärnan Birgit Nilsson anmäler sjukhus för vanvård", Aftonbladet 30 Junie 1999 (in Sweeds) "Så höll han allt hemligt", [Hy het alles geheim gehou], oor die geheimhouding van Nilsson se afsterwe vir 16 dae; Aftonbladet, 13 Januarie 2006 (in Sweeds)
"Birgit Nilsson: An unparalleled artist and a lovely, down-to-earth woman", deur Jane Eaglen, Slate, 16 Januarie 2006
Kategorie:Sweedse musici Kategorie:Operasangers Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 2005