FC Dordrecht is 'n sokkerspan in die gelyknamige dorp Dordrecht. Hulle speel in die Nederlandse Eerste divisie. Die span speel sy tuiswedstryde in die Krommedijk (kapasiteit: 4 235). Die klub is op 16 Augustus 1883 gestig as DFC (Dordrechtsche Football Club) en het sy naam later 'n paar keer verander: FC Dordrecht (1972), DS'79 (1979), Dordrecht'90 (1990), SVV/Dordrecht'90 (1991, na die saamsmelting met SVV), Dordrecht'90 (1992, SVV het weer afgestig) en sedert 2002 weer FC Dordrecht. Die klub het as DFC twee keer die KNVB-Beker gewen.
Erelys Kampioen Eerste divisie (2) 1982/83, 1993/94 (naaswenner (1): 2013/14) Kampioen Tweede divisie (1) 1964/65 KNVB-Beker (2) 1914, 1932 (naaswenner (2): 1913, 1943)
Beroemde sokkerspelers en afrigters spelers Epy Drost
afrigters Hans Kraay sr. (1968-1969) Dick Advocaat (1991-1992)
Kategorie:Dordrecht Kategorie:Nederlandse sokkerklubs