Gariepdam is 'n dorpie in die Suid-Vrystaat, Suid-Afrika langs die Gariepdam se wal. Die dorpie, aanvanklik Oranjekrag genoem, is in die sestigerjare gebou om die werkers te huisves wat by die bou van die Hendrik Verwoerddam betrokke was. Die dorp is sedertdien tot 'n aftree- en vakansiedorp ontwikkel. Volgens die 2011-sensus het Gariepdam 'n bevolking van 1 568 gehad
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Eric Rosenthal. Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat