Vrededorp was 'n kiesafdeling in Johannesburg vir die Suid-Afrikaanse Volksraad vanaf die heel eerste algemene verkiesing op 15 September 1910 ná Uniewording op 31 Mei daardie jaar tot voor die verkiesing van 1933. Dit was gesentreer om die mindergegoede voorstad Vrededorp.
In die heel eerste verkiesing wen Lourens Geldenhuys in Vrededorp vir die Regerende Party met 'n meerderheid van 458 teen die Unionisteparty se N.C. Herschensohn. Die onafahnklike G.A. Roth was derde met 148 stemme, vergeleke met Geldenhuys se 1 059. Geldenhuys behou die setel in die algemene verkiesing van 1915, maar kry net 60 stemme meer as T.C. Visser van die Nasionale Party. In 1920 gaan staan Geldenhuys as S.A.P.-kandidaat in Johannesburg-Noord en in Vrededorp wen Visser met 'n meerderheid van 929 teen die S.A.P. se W.P. Pretorius.
Visser behou Vrededorp in 1921 met 'n vergrote meerderheid van 1 058 teen P.L. Lourens van die S.A.P. en in 1924 met 1 427 stemme meer as die S.A.P. se C.J. Smith. In 1929 wen die Nasionale Party se F.J. Roberts in Vrededorp toe hy 1 770 stemme kry vergeleke met die S.A.P.-kandidaat, P.J.J. Wilsenach se 455 en die Onafhanklike Nasionalis H.C.M. Fourie se 86. Die kiesafdeling word hierna afgeskaf tydens die herafbakening voor die 1933-verkiesing.
Partye en kandidate gewen 1910 - Lourens Geldenhuys van die Regerende Party 1915 - Lourens Geldenhuys van die Suid-Afrikaanse Party 1920 - T.C. Visser van die Nasionale Party 1921 - T.C. Visser van die Nasionale Party 1924 - T.C. Visser van die Nasionale Party 1929 - F.J. Roberts W.F. de Wet van die Nasionale Party
Verkiesingsuitslae Verkiesingsuitslae vir die kiesafdeling: aangevul deur Schoeman se Parlementêre verkiesings Jaar SAP Unioniste Onahfanklik NP ARBOnafhanklike Nasionalis Roosiet VPMeerderheid stemmePersentasie stemme uitgebring 1910 L. Geldenhuys1059 N.C. Herschensohon601 G.A. Roth148 458(SAP) 1915 L. Geldenhuys1028 T.C. Visser968 C.A. Lagesen398 60(SAP) 81,2 1920 W.P. Pretorius 441 T.C. Visser 1370 929(NP) 64,9 1921 P.L. Lourens 384 J.W. Wordingham8 T.C. Visser 1442 1058(NP) 59,7 1924 C.J. Smith 356 T.C. Visser 1783 1427(NP) 67,5 1929 P.J.J. Wilsenach 455 F.J. Roberts 1770 H.C.M. Fourie86 1315(NP) 75,1 1933 F.J. Roberts 2389 M.J. du Plessis2217 172(NP) 61,2 1937Tussenverkiesing J.L. Brill 1820 G.C.V. Odendaal1209 S.J. Tighy1345 475(NP) 56,3 1938 D.A.J. de Flamingh 2614 G.C.V. Odendaal 1184 C. Badenhorst 3121 507(VP) 73,4
Verwysings
Bronne Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
Kategorie:Politiek van Suid-Afrika Kategorie:Volksraadskiesafdelings