Aron "Ali" Bacher (gebore 24 Mei 1942 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en 'n administrateur van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika.Daar is beslis redes om dokter Ali te bedank, Die Burger, 4 Mei 2004 Hy was voorsitter van die Suid-Afrikaanse reëlingskomitee vir die Krieketwêreldbeker 2003. Rodney Hartman, Ali: The Life of Ali Bacher, Penguin, Johannesburg, 2006, p. 495–520.

Bacher was 'n kaptein van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat Australië in al vier toetse in die 1970-toetsreeks geklop het. Hy het 'n leidende rol in die twee "Rebelle-toere" van die 1980's en vroeë 1990's, asook in die eenwording van Suid-Afrikaanse krieket in 1991 en daarna gespeel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Biografie Bacher is gebore uit Joodse gesin wat van Litaue na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy kry sy bynaam op die ouderdom van sewe vanaf Ali Baba, 'n fiktiewe karakter uit Arabiese literatuur. Ali trou met Shira Teeger, en het twee dogters en een seun. Sy nefie, Adam Bacher, het in die 1990's vir Suid-Afrika gespeel.

Hy begin op skool krieket speel en verteenwoordig Transvaal op die ouderdom van 17. Hy speel in 12 toetse vir Suid-Afrika, drie teen Engeland en nege teen Australië. In 'n groot wedstryd vir Transvaal teen 'n besoekende Australiese krieketspan in 1966/67, teken hy sy hoogste telling van 235 in die tweede beurt aan. Hy tree op as kaptein van die nasionale span tydens 'n enkele reeks in 1969/70, waartydens Suid-Afrika al vier sy wedstryde teen Australië wen.

Hy is in 1972 met die Suid-Afrikaanse Sports Merit Award bekroon.

Hy het aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en as 'n dokter gekwalifiseer. In 1981 het hy 'n hartomleiding ondergaan.

Verwysings

Eksterne skakels Artikel oor Ali Bacher op cricinfo.com Onderhoud met Bacher op cricketfundas.com

Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Lewende mense