Lizette Rabe (gebore 14 Februarie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer. Sy is 'n afgetrede professor in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.
Lewensloop Rabe is gebore op 14 Februarie 1957. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal sy die grade BA, BA Honneurs (cum laude), B.Joernalistiek Honneurs (cum laude) en in 1994 'n DPhil. Sy is getroud met Anton Hörstmann. Beide is vyfdegeslag-afstammelinge van die Philippi-Duitsers.
Van 1979 tot 1982 was Rabe joernalis by Die Burger. In 1983 begin sy by die vrouetydskrif Sarie, waarvan sy in 1988 die assistentredakteur en in 1994 die redakteur word. Vanaf Januarie 2001 is sy professor in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch en tree in 2022 as hoof van die Departement Joernalistiek af.
Bibliografie Rabe is die skrywer van: Wat bababoeke jou nie vertel nie. Kaapstad: Femina/HAUM, 1987 Bete und Arbeite – The Philippi Germans and their story. Kaapstad: Mzansi Media, 2010 Rykie: 'n Lewe met Woorde. Kaapstad: Tafelberg, 2011 ('n boek oor die lewe van die joernalis Rykie van Reenen) Rabe was redakteur en mede-skrywer van verskeie ander publikasies 101 Merkwaardige Suid-Afrikaanse Vroue 2026
Bronne www.stellenboschwriters.com/rabel.html La Vita, Murray: Oor hoop en 'n lewe met woorde. Die Burger, Vrydag 26 Augustus 2011 https://www.su.ac.za/af/fakulteite/lettere/departemente/joernalistiek/oor-ons
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Hoër Meisieskool La Rochelle Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch Kategorie:Akademiese personeel van die Universiteit Stellenbosch