Frere is 'n klein dorpie en spoorweghalte in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie is vernoem na sir Henry Bartle Frere, goewerneur van die Kaapkolonie van 1877 tot 1880. Die dorpie was tydens die Tweede Vryheidsoorlog vir 'n tydlank die hoofkwartier van sir Redvers Buller. Die dorpie is 25 km oos van Winterton geleë.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal