Die Gunningjanfrederik (Sheppardia gunningi) is 'n klein voël wat voorkom in die ooste van Afrika van Kenia tot Mosambiek, en is vernoem na J. W. B. Gunning.

Die spesie is 'n woudbewonener en insekvreter verwant aan die klein vlieëvangers algemeen bekend as spekvreters; en soos hierdie was die spesie voorheen saam met lysters (Turdidae) geplaas.

Die Gunningjanfrederik word geaffekteer deur habitatverlies. Aangesien dit meer algemeen voorkom as voorheen geglo, is die spesie se status van Kwesbaar na Naby bedreig verlaag in die 2007 Rooi Lys van Bedreigde Spesies.Sien BirdLife International (2007a,b).

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne

BirdLife International (2007a): [ 2006-2007 Red List status changes ]. Verkry 2007-AUG-26. BirdLife International (2007b): East Coast Akalat - BirdLife Species Factsheet . Verkry 2007-AUG-28.

Verwysings

Kategorie:Janfrederikke