Nqamakwe is 'n klein dorpie in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is gesetel op 'n koppie van 990 m en is gestig as 'n administratiewe sentrum vir die gebied van die Fingo's.

Distrik Die distrik is 1 222 km2 groot en die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is bees- en skaapboerdery. Die naaste dorpe is Tsomo en Butterworth. Die bekende Blythswood Opleidingsentrum naby die dorp is deur die Fingo's self ontwikkel en in 1877 ingewy. Dit is na kaptein M Blyth vernoem. Hy was in daardie stadium die Britse agent in Fingoland.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron

B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap