duimnael|250px|Gert van den Bergh, Paula Styger, Pierre de Wet en Anna Neethling-Pohl in 'n toneel uit Sita se Die Goeie ou tyd (1944).

Pierre Stephanus de Wet (1909–1990) was ’n legendariese rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer. Hy word as die vader van die Afrikaanse rolprentbedryf beskou. Hy het die Afrikaanse rolprentbedryf met karige middele byna man-alleen op die been gebring en ’n totaal van 21 Afrikaanse rolprente gedurende sy lewe vervaardig. De Wet was ook die skepper van Kom Saam Vanaand (1949), die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekblyspel ooit.

Hy is in 1990 op 80-jarige ouderdom in 'n hospitaal in Johannesburg aan 'n hartaanval oorlede.

Filmografie As akteur Pikkie se Erfenis, 1946 Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 as Dr. Hendrikus Kwak Moedertjie, 1931 (eerste vollengte-rolprent met Afrikaanse dialoog)

As skrywer Dis Lekker om te Lewe, 1957 ’n Plan is ’n Boerdery, 1954 Hier’s ons weer, 1950 Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 Simon Beyers, 1947

As regisseur En die Vonke Spat, 1961 Oupa en die plaasnooientjie, 1960 Nooi van my hart, 1959 Piet se tante, 1959 Fratse in die vloot, 1958 Dis Lekker om te Lewe, 1957 Matieland, 1955 Vadertjie Langbeen, 1955 ’n Plan is ’n Boerdery, 1954 Altyd in my drome, 1952 Alles sal regkom, 1951 Kom saam, vanaand, 1949 (eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekblyspel) Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 Simon Beyers, 1947 Geboortegrond, 1946 Pikkie se Erfenis, 1946

Toekennings Vir sy spel in Moedertjie het hy die eerste Afrikaanse rolprentprys ontvang - ’n erepenning van die destydse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns.

Studies van Pierre de Wet Senekal, B.A. 2014. An investigation of Pierre de Wet's role in the Afrikaans film industry using social network analysis (SNA), Literator 35(1)

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1909 Kategorie:Sterftes in 1990