duimnael|links|200px|Die Sint Matthews-sendingstasie net buite Keiskammahoek. Die ou skoolgebou is so vervalle dat daar al bome in die mure groei.
Keiskammahoek is 'n dorpie in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê in 'n kom in die Amatholeberge, 42 km noordwes van King William's Town.
Geskiedenis Die dorpie is tydens die Sewende Grensoorlog (Oorlog van die Byl, 1846-1847) as 'n voorpos gestig alhoewel daar reeds in 1830 'n sendingstasie hier naby gestig is. Die oorlog is hier met die oorgawe van die Xhosa-hoofmanne Sandile en Anta beëindig. Die dorp is eers in 1853 gestig na die Agtste Grensoorlog beëindig is.
Distrik Alhoewel bees- en skaapboerdery en die kweek van tabak belangrik is, is bosbou (denne- en bloekombome) die belangrikste. Stutterheim is die naaste groot dorp, 37 km weg. Die Keiskammarivier ontspring ook in hierdie omgewing.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap