Rip van Wyk is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 4 April 1960 uitgereik is. Die storielyn is gegrond op die sprokie van Rip van Winkel. Dit was die eerste rolprent wat die filmmaker Emil Nofal vervaardig het. Die regisseur en hoofrolspeler was Jamie Uys. Uys is vir sy spel in die fliek deur die Royal Society of Arts in Londen met die Statebondstoekenning van 1960 bekroon.Uys se flieks is `tydloos', Beeld, 21 November 2000.

Genre Die rolprent is 'n komiese fantasie en goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers Jamie Uys as Rip van Wyk (hoofrol) Gert van den Bergh as "Oom" Wyona Cheyney as Rina Viljoen / Annette de Witt Douglas Fuchs as Professor Johan Malherbe as Theunis Barnard Pieter Hauptfleisch as Van der Merwe Johan du Plooy as fotograaf Ian Strauss as Ducktail Ralph Loubser En andere.

Storielyn 'n Vrystaatse boer slaap vir honderd jaar, en toe hy wakker word, bevind hy hom op 'n yslike dorp wat intussen op sy plaas ontstaan het. Hy poog om die ontwikkelinge te begryp en by die moderne lewe aan te pas.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente