Die jaar 802 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 2de jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure Die Dene val die deur die Abodrite beheerste Sleeswyk binne.The Conquest of Saxony AD 782–785: Charlemagne's defeat of Widukind of Westphalia Bloomsbury Publishing, 2014,, Egbert van Wessex keer uit ballingskap in die Frankiese Ryk terug en volg Beorhtric op as koning.Wessex Studies in the early history of Britain A&C Black, 1995, , Grimoald III van Benevento beleër Lucera. Winichis, die Frankiese hertog van Spoleto, moet oorgee en word gevange geneem.Italy and Her Invaders, Volume 8 Italy and Her Invaders. , University Press, H. Milford, 1899 Alfonso II keer op die troon van Asturië terug.Medieval Iberia: An Encyclopedia, Routledge Encyclopedias of the Middle Ages Routledge, 2013, , Keiser Karel die Grote vaardig 'n Capitulare missorum generale af, waarin hy 'n eed van trou eis, reëls vir die geestelikheid afkondig en die stropery opnuut verbied. Dit is 'n soort grondwet vir die nuwe keiserryk. Nikephoros I volg Irene op as keiser van Bisantium. Govinda III verslaan Vijayaditya II, die Oos-Chalukya-heerser van Vengi en sit sy jonger broer Bhima op die troon. (omtrent 802 Ancient India , Motilal Banarsidass Publ., 1977, , ) Die Hindoekoning van Khmer Jayavarman II verklaar homself tot "universele monarg" en "godkoning". Die koninkryk rondom Angkor word hiermee onafhanklik van Java. Geboortes

Sterftes Koning Beorhtric van Wessex.

Verwysings

Kategorie:9de eeu