Op 5 Desember 2000 is munisipale verkiesings in Suid-Afrika gehou om lede tot die plaaslike regeringsrade in die munisipaliteite van Suid-Afrika te verkies. Die munisipaliteite maak deel uit van die plaaslike regering van Suid-Afrika en is onderafdelings van die provinsies. Dit maak hulle verantwoordelik vir plaaslike dienslewering soos elektrisiteits- en watervoorsiening en brandweerdienste.
Alle groot politieke partye, met die uitsondering van die SAKP wat lede van die "drieparty-alliansie" is, het kandidate bekend gestel. Die verwagte wenner, die ANC het die meeste setels gewen met 61.76% van die stemme.Independent Electorial Commission Official Results, 2000
Gedetailleerde nasionale uitslae PartyTotaal%African National Congress8 868 59761.76%Demokratiese Alliansie2 812 74119.59%Inkatha Vryheidsparty 1 458 27010.15%United Democratic Movement389 3892.71%Pan Africanist Congress of Azania207 4381.44%United Christian Democratic Party167 4381.17%Afrika Christen Demokratiese Party147 6881.03%Azanian People's Organisation36 7410.26%Minority Front26 4990.18%Totaal14 237 827100.0%
Verwysings
Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika