Hierdie brug moet nie verwar word met die Otto Beit-brug oor die Zambezirivier nie.
Beitbrug is die grootste grenspos en 'n brug oor die Limpoporivier tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. Die brug en grenspos is na die mynmagnaat Alfred Beit vernoem, wat fondse vir die konstruksie voorsien het.
Grenspos duimnael|links|Pad oor die nuwe Beitbrug. duimnael|links|Die ou Beitbrug word deesdae net vir spoorvervoer gebruik. duimnael|links|'n Oorlaaide bakkie op die A1-hoofweg tussen Beitbrug en Masvingo. Die Beitbruggrenspos bly 24 uur per dag oop. Die N1 nasionale pad strek vanaf Kaapstad tot hier. Musina is 16 km suid van Beitbrug geleë. Dit is die besigste grenspos in die streek en kan tot 500 vragmotors per dag hanteer.
Brug Die oorspronklike brug, wat deesdae net spoorverkeer dra, is in 1929 deur Dorman Long voltooi.Bridging the Limpopo The Brisbane Courier, 18 Junie 1928 Die projek het £ 600 000 gekos. Die brug is op 31 Augustus deur Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone geopen.New Alfred Beit Bridge is opened, The Montreal Gazette, 2 September 1929
Die nuwe brug is in 1995 reg langs en parallel met die ou brug gebou om swaarder verkeer te kan hanteer. Die brug is deur Murray & Roberts vir die maatskappy New Limpopo Bridge Ltd gebou,Structurae database wat ook die brug bedryf.
Sien ook Grensposte van Suid-Afrika Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Brûe in Suid-Afrika Kategorie:Grense van Suid-Afrika Kategorie:Grense van Zimbabwe Kategorie:Nedersettings in Limpopo