duimnael|Plombir soos dit in 'n winkel verkoop word duimnael|Plombir met karamelgeus duimnael|Plombir met sjokoladegeus

Plombir (Russies: пломбир) is 'n gewilde Russiese vanieljegeur-roomys wat tradisioneel in 'n wafelbeker aangebied word. Alhoewel die Russiese naam van die Franse glace plombières afgelei is, is dit nie dieselfde ding nie: die Franse variant word met kirsch en versuikerde vrugte bedien.

Plombir word deur 'n besonder gladde, sagte en romerige tekstuur gekenmerk wat aan sy bestanddele (vars volmelk, room, suiker, soms ook soet kondensmelk) te danke is.

Plombir het as gevolg van Russiese immigrasie lankal ook in lande soos Duitsland gewild geraak waar dit plaaslik vervaardig en in supermarkte aangebied word.

Eksterne skakels

Marketing observations in Russia: Plombir & Ice-Cream Nostalgia, 21 Februarie 2011 plombir.de: Eiskrem Plombir – webtuiste van die Duitse vervaardiger Dovgan Russische Küche GmbH

Kategorie:Roomys Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Suiwelprodukte