Belfast (nuwe naam: Emakhazeni) is 'n dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is ook bekend as een van die koudste nedersettings in Suid-Afrika omrede dit op 1 873 m bo seevlak op die Drakensbergse platorand geleë is. Belfast dien sedert 2010 as administratiewe setel vir die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit. Die amptelike dorpsnaam is eweneens gewysig tot eMakhazeni.

Geskiedenis Die dorp is op 30 Junie 1890 gestig op die plaas Tweefontein – volgens oorlewering deur Richard Charles O'Neill, 'n boorling van Belfast in Noord-Ierland.South African Tourism Board: South Africa – Eastern Transvaal. Pretoria: Satour 1988, bl. 27 Sommige bronne verwys na sy plaas wat hy Belfast genoem het en waarop die nedersetting ontstaan het.

Distrik Die munisipale gebied is 4 736 km2 groot. Bees-, suiwel- en skaapboerdery is van die belangrikste ekonomiese aktiwiteite in die distrik.

Sien ook Gereformeerde kerk Belfast NG gemeente Belfast Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga