Rhoda Kadalie (22 September 1953 – 16 April 2022) was 'n Suid-Afrikaanse menseregteaktivis en feminis. Sy het rubrieke vir Die BurgerDie Burger en vir Maroela Media geskryf.Maroela
Kadalie is in Kaapstad gebore en het as kind in Distrik Ses en Mowbray gewoon. Ná die wet van 1951 (wat Mowbray net vir blankes verklaar het) het sy in Athlone aan die Harold Cressy High School skool gegaan. Hier het sy verneem dat haar oupa Clements Kadalie 'n bekende vakbondleier was.
In die jare 1980 was sy 'n aktivis teen apartheid en die agterstelling van vroue aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en het betrokke geraak by die SASO en die Swartbewussynsbeweging. In die ANC het sy bekend geword as "that little revolutionary" omrede sy feministiese eise gestel het waaroor nie gepraat kon word nie.
In die munisipale verkiesing van 2011 het sy "teësinnig" vir die DA gestem.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Menseregte-aktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Alumni van die Universiteit van Wes-Kaapland