Die Naledi Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit in Noordwes, Suid-Afrika. Ongeveer 67 000 mense woon in die munisipaliteit.
Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Huhudi Stella Vryburg (setel)
Sustermunisipaliteit Die munisipaliteit het 'n vennootskapsooreenkoms met Assen (in die noorde van Nederland) gesluit.
Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in Noordwes