Die Jozini Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Dorpe en wildtuine Die dorpe Ingwavuma, Jozini (administratiewe setel), Lake View en Mkuze, asook die Mkhuze-wildreservaat en Ndumo-natuurreservaat is in die munisipaliteit geleë.

Paaie Die N2-roete loop deur die suidelike deel, en die Cecil Mack-bergpas in die noorde verskaf 'n deurgang na Eswatini.

Geografie Die suidpunt van die Lebomboberge met etlike ravyne waardeur laeveldse riviere hul weg ooswaarts baan, is ook hier. Hieronder tel die Maputo-, Ingwavuma-, Pongola-, Mkuze- en die (mees noordelike) Msunduzirivier. Baie spruite ontspring aan die ooshange van die Lebombo, om by voorgenoemde riviere aan te sluit.

Kyk ook Grensgrot

Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in KwaZulu-Natal