Die Huisivierpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap tussen Calitzdorp aan die oostekant, en die voormalige sendingstasies Zoar en Amaliënstein aan die westekant. Die pas bereik 'n hoogte van 655m bo seevlak en het 'n maksimum steilte van 1:14. Hierdie pas dra die R62 provinsiale pad oor die Huisrivierberg, 'n uitloper van die Swartberge. Die naam "huis" is van die Khoikhoi-woord vir 'wilg' afgelei.
Geskiedenis Die oorspronklike pas is in 1897 gebou en weer gedurende die 1950's verbeter. Graham Ross was gedurende 1951 die waarnemende distrikspadingenieur. Hy het vir 'n beter roete gesoek om die pad te verbreed, maar kon niks vind nie. Keermure is daarom gebou om vallende rotse op te vang wat die pad dikwels versper het.Whitehead, Marion: Passes & Poorts. Getaway Magazine. 2010. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. B.P.J. Erasmus. In 1966 is die pas weereens verbeter en geteer. duimnael|links|500px|'n Uitsig oor die berge langs die pas
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Verwysings
Bron Ross, Graham: The romance of Cape mountain passes. Kaapstad: Sunbird, 2011.
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap