Daniëlskuil is 'n klein dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp het sy naam te danke aan 'n kalksteensinkgat van 6 m diep wat die vroeë inwoners aan die bybelverhaal Daniël en die Leeukuil laat dink het. Volgens oorlewering het Adam Kok I die gat as 'n tronk gebruik vir die wat sy wette oortree het.

Distrik Die distrik Daniëlskuil is beeswêreld maar mynbou speel ook 'n groot rol. Asbes word ontgin by die myndorp Owendale suidwes van Daniëlskuil, kalksteen by Lime Acres en diamante by die Finsch-diamantmyn suid van Lime Acres. Daar word ook marmer ontgin.

Trivia Daar is 'n klein fort op die koppie wat oor die dorp uitkyk. Die Britte het dit tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebou.

Die R31-hoofpad gaan deur die dorp. Die naaste groot dorpe is Postmasburg 63 km wes en Kuruman 81 km noord. B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Padlangs deur Suid-Afrika. 2010.

Sien ook Wonderwerkgrot Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap