regs|duimnael|300px|Witels-piek in die Tsitsikammaberge gesien vanaf die N2 nasionale pad duimnael|300px|links|Tsitsikamma se kuslyn, uitsig oor Nature's Valley, Formosa-piek is die hoogste piek bo links in die foto.
Die Tsitsikammaberge is 'n bergreeks wat van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap strek in Suid-Afrika en is deel van die Kaapse Plooigordel. Die hoogste punt is Formosapiek (1675 m) naby 'n gehuggie met die naam van Krakeelrivier. Die bergreeks begin aan die oostekant van die Prins Alfredpas (die Outeniekwaberge begin aan die westekant) en eindig net oos van die Stormsrivier waar hulle afplat en later eindig by Kareedouw. Die pas se naam is afgelei van 'n Khoikhoi woord wat 'plek van helder water' beteken.Passes & Poorts. Getaway. 2010 Marion Whitehead. Die Langkloof is noord van die Tsitsikammaberge.
Dreinering Die Grootrivier, die Bloukransrivier en die Stormsrivier is van die meer bekende riviere wat ontspring in die berg. Die riviere word almal gekenmerk deur die diep ravyne wat hul uitgekerf het op pad na die see.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Om deurgang te kry deur die ravyne was etlike skouspelagtige passe gebou nl. Grootrivierpas, Bloukranspas en die Stormsrivierpas. Al drie die passe was weer deur onderskeidelik die Grootrivierbrug, Bloukransrivierbrug en Groot Stormsrivierbrug vervang.
Ligging Die Bloukransrivier is die grens tussen die Wes- en Oos-Kaap. Die N2 nasionale pad is parallel met en aan die suidekant van die Tsitsikammaberge.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Wes-Kaap