duimnael|regs|Die omgewing van Vredenburg en Langebaan uit die ruimte gesien Die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Weskus-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Uitslag van munisipale verkiesings Vanweë 'n toename in die gebied se bevolking is die getal raadsetels voor die munisipale verkiesing van 2016 met drie van 24 tot 27 vermeerder.

Party 2011 2016 2021 ANC 8 8 6 COPE 1 0 – DA 15 17 13 Good – – 4 EFF 0 1 1 Saldanhabaai Inwonersalliansie 0 1 – PA – – 1 VF+ – 0 1 Cape Coloured Congress – – 1

Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Brittaniabaai Hopefield Jacobsbaai Langebaan Paternoster Saldanha St. Helenabaai Vredenburg (setel)

Wapen en vlag duimnael|regs|Vlag van die munisipaliteit wat in 2004 aanvaar is Die munisipale raad het in 2004 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Geboë deursnede en geknobbel na benede silwer en groen, op die hartpunt 'n Weskus-visserskuit in vooraansig van natuurlike kleur en in die skildvoet 'n Khoisan-kleipot van natuurlike kleur, opwaarts uitkomend uit sy flanke twee goue Namakwalandse madeliefies, rooi gesaad; op 'n blou skildhoof drie uitkomende silwer Karoogewels. Die helmteken is 'n swart adelaar uitkomend uit 'n goue muurkroon en die wapenspreuk is "Ubi concordia ubi victoria".Nasionale Argief van Suitd-Afrika: Data van die Buro van Heraldiek.

Die raad het terselfdertyd 'n vlag, met dieselfde ontwerp as die wapenskild, ook geregistreer.Flags of the World.

Verwysings

Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Wes-Kaap