Max du Preez (gebore 3 Maart 1951) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis en dokumentêre filmvervaardiger, asook stigtersredakteur van die Vrye Weekblad.
Vrye Weekblad Du Preez het die Vrye Weekblad, 'n Afrikaanse koerant, in November 1988 gestig. 'n Ploftoestel het die koerant se kantore beskadig en Du Preez het verskeie doodsdreigemente ontvang as gevolg van die koerant se teenkanting teen apartheid.
Du Preez is ses maande tronk toe gestuur omdat hy Joe Slovo, die destydse leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, in die Vrye Weekblad aangehaal het.
Toekennings 1991 - Louis M. Lyons Award for conscience and integrity in journalism 1996 - Excellence in Journalism award from the Foreign Correspondents’ Association of Southern Africa 2006 - Yale Globalist International Journalist of the Year 2008 - Nat Nakasa Award for fearless reporting
Boeke gepubliseer
Verwysings
Eksterne skakels Pale Native op Google Books Max Du Preez onderhoud op BBC geselsprogram The Forum Max du Preez Freedom Collection onderhoud
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners