Die witsteenbras (Lithognathus lithognathus) is 'n bedreigde vis wat endemies is aan Suider-Afrika en van Angola tot by die Tugelarivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die White steenbras.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwer met sewe vertikale donker strepe oor die lyf. Die vis word maksimaal 1,5 m lank en weeg dan ongeveer 30 kg.

Habitat Die vis verkies vlak water oor sand en naby rotsriwwe in water wat 1–25 m diep is. Die volwasse visse van die Wes-Kaap migreer na die Oos-Kaap gedurende Junie tot Augustus om daar kuit te skiet en in die somer keer hulle terug. Dit is 'n gesogte eet- en hengelvis, maar die aanteelbevolking is egter onder bedreiging, veral weens onwettige treknetvangste onder broeikolonies in Valsbaai. Skakel na onwettige vangste van witsteenbras

Die spesie is as 'n prioriteit geïdentifiseer vir navorsing, bestuur en bewaring in 'n nasionale lynvis-statusverslag.Bennett, Rhett Hamilton. 2012. Movement patterns, stock delineation and conservation of an overexploited fishery species, Lithognathus Lithognathus (Pisces: Sparidae). Doktorale tesis - PhD. Grahamstad: Rhodes-universiteit

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Lithognathus-lithognathus.html http://eol.org/pages/204486/overview

Kategorie:Beenvisse