In Augustus 2016 saamgesmelt met Gariep as Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit
Die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit is 'n ontbinde plaaslike munisipaliteit in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit het met Gariep Plaaslike Munisipaliteit saamgesmelt na 3 Augustus 2016, om die nuwe Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit te vorm.
Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Aliwal-Noord (setel) Dukathole (woonbuurt van Aliwal-Noord) Floukraal Hilton (woonbuurt van Aliwal-Noord) Joe Gqabi (woonbuurt van Aliwal-Noord) Masekhane (woonbuurt van Jamestown) Jamestown Vineyard Witkop
Bure Die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit se bure in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit was: Gariep Plaaslike Munisipaliteit aan die westekant en Senqu Plaaslike Munisipaliteit aan die oostekant.
Ten suide in Chris Hani-distriksmunisipaliteit was: Lukhanji (Queenstown) en Inkwanca (Molteno)
Aan die Vrystaat-kant is Mohokare Plaaslike Munisipaliteit in die Xhariep-distriksmunisipaliteit geleë.
Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Oos-Kaap