Mind Assault is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in 2004 in Somerset-Wes deur Jacques Fourie, Francois Pretorius, Patrick Davidson, Stephan Lenhoff en Donovan Tose gestig is. Hul demo, Social engineering, met die Afrikaanse liedjies Magteloos en Jy is die een, is in 2005 vrygestel. Dit is gevolg deur hul debuut-album, Stigma (2008), wat vier Afrikaanse liedjies insluit. In 2006 het hulle saam met SacriFist deur Suid-Afrika getoer, en in 2008 saam met internasionale groepe soos Devil Driver (VSA), Carcass (VK), en Nile (VSA) gespeel. (Mind Assault 2010). 'n Afrikaanse snit, Stadig verblind, van hul album, Stigma, is ook op Kopskoot! ingesluit.
Verwysings Mind Assault. 2010. www.mindassault.com (9 Julie 2010 geraadpleeg). Senekal, B.A. 2011. Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. LitNet Akademies, 8(1), Maart. http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=98580&cat_id=201
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe Afrikaanse musiek
Eksterne skakels Litnet-artikel oor Afrikaanse Metal
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe