Biografie Ian en Cameron Roberts, Werner Mollentze, Lee Wollenschlaeger en Pieter de Villiers, het die groep Dieversion in 1996 in Bloemfontein gestig. In 1997 het hulle 'n CD met die groep V gedeel, en in 2001 is Victimized, hul eerste vollengte album, internasionaal uitgereik. Werner Mollentze (s.d.) sê dat die groep binne 'n spesifieke konteks gestig is: Bloemfontein is a relatively small rural town (about 300 000 inmates) with a “please don’t scare us” temperament, except for most of the male population who assault people in their spare time. We thought we should channel all that energy into something constructive.” Boesmanhand, 'n herskrywing van Worsie Visser se liedjie binne 'n protesmodel (Senekal en Van den Berg 2010:110–11), is die enigste Afrikaanse ekstreme-metal-liedjie wat op hul album Victimized ingesluit is. Mollentze en Wollenschlaeger is later deur Roelof Kotze en Michael Burman vervang. In 2002 is Anthems of Violence vrygestel, maar in 2009 het die groep ontbind.

Verwysings Mollentze, W. Dieversion. www.sovereignexpress.com/?w=epk&b=771 (30 April 2010 geraadpleeg). Senekal, B.A. 2011. Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. LitNet Akademies, 8(1), Maart. http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=98580&cat_id=201 Senekal, B.A. en C. van den Berg. 2010. ’n Voorlopige verkenning van postapartheid Afrikaanse protesmusiek. LitNet Akademies, 7(2):98–128. http://www.oulitnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=87963&cat_id=1905 (27 Januarie 2011 geraadpleeg).

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante Afrikaanse musiek

Eksterne skakels Litnet-artikel oor Afrikaanse Metal

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe