Dutywa (voorheen Idutywa) is 'n dorp in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 11 076 gehad, waarvan 10 695 (96,6%) swart mense was. Dutywa is die setel van die Mbhashe Plaaslike Munisipaliteit, wat tans onder die Amathole-distriksmunisipaliteit resorteer. Die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.
Distrik Die ou distrik is 1 200 km² groot en is die oudste in die voormalige Transkei. Dit is 1857 tot reserwe verklaar en as deel van die voormalige Brits-Kaffrarië geadministreer. Gemengde boerdery word in die distrik beoefen.B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap