Die ChristenUnie (Nederlands: ChristenUnie, CU) is 'n Nederlandse ortodoks-Protestantse politieke party, wat in 2001 gestig is. Die ChristenUnie is uit twee Protestantse partye gevorm: die Gereformeerd Politiek Verbond (GPV) en die Reformatoriese Politieke Federasie (RPF).

Die politieke leier is Mirjam Bikker. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 29 Oktober 2025 is deur die ChristenUnie nóg verloor nóg gewen. Die party het 3 setels behaal.

Tweede Kamer Setels gewen: 2002 — 4 2003 — 3 2006 — 6 2010 — 5 2012 — 5 2017 — 5 2023 — 3 2025 — 3

Deelname aan die regering Van 22 Februarie 2007 tot 10 Oktober 2010 het die ChristenUnie met die CDA en de PvdA die Balkenende IV-kabinet gevorm. CU-politikus André Rouvoet was die tweede adjunk-premier.

Van 26 Oktober 2017 tot 10 Januarie 2022 het die CU met die VVD, CDA en D66 die Rutte III-kabinet gevorm. CU-politikus Carola Schouten was die derde adjunk-premier.

Van 10 Januarie 2022 tot 2 Julie 2024 het die CU met dieselfde partye die Rutte IV-kabinet gevorm. CU-politikus Carola Schouten was weer die derde adjunk-premier.

Partyleiers thumb|Partyleier Mirjam Bikker

Kars Veling: 17 Januarie 2001 — 12 November 2002 André Rouvoet: 12 November 2002 — 28 April 2011 Arie Slob: 28 April 2011 — 10 November 2015 Gert-Jan Segers: 10 November 2015 — 17 Februarie 2023 Mirjam Bikker: 17 Februarie 2023 — nou

Bronne ChristenUnie (CU), Parlement.com ChristenUnie, DNPP

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Politieke partye in Nederland Kategorie:Christendom in Nederland