Die Staatkundig Gereformeerde Party (Nederlands: Staatkundig Gereformeerde Partij, SGP) is 'n Nederlandse ortodoks-Gereformeerde politieke party, wat in 1918 gestig is.
Die politieke leier is Chris Stoffer. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 29 Oktober 2025 is deur die Staatkundig Gereformeerde Party nóg verloor nóg gewen. Die party het 3 setels behaal.
Van 14 Oktober 2010 tot 5 November 2012 het die SGP nie-amptelik die Rutte I-kabinet gesteun.
Tweede Kamer Setels gewen:
1956 — 3 1959 — 3 1963 — 3 1967 — 3 1971 — 3 1972 — 3 1977 — 3 1981 — 3 1982 — 3 1986 — 3 1989 — 3 1994 — 2 1998 — 3 2002 — 2 2003 — 2 2006 — 2 2010 — 2 2012 — 3 2017 — 3 2021 — 3 2023 — 3 2025 — 3
Partyleiers Gerrit Hendrik Kersten: 24 April 1918 – 14 September 1945 Pieter Zandt: 14 September 1945 – 4 Maart 1961 Cor van Dis sr.: 4 Maart 1961 – 28 April 1971 Hette Abma: 28 April 1971 – 26 Mei 1981 Henk van Rossum: 26 Mei 1981 – 22 Mei 1986 Bas van der Vlies: 22 Mei 1986 – 27 Maart 2010 Kees van der Staaij: 27 Maart 2010 – 25 Augustus 2023 Chris Stoffer: 25 Augustus 2023 — nou
thumb|Munisipaliteite waar die Staatkundig Gereformeerde Party ’n aansienlike hoeveelheid stemme in 2010 verwerf het, wat amper ooreenstem met die Bybelgordel. Bronne Staatkundig-Gereformeerde Partij (SGP), Parlement.com Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP), DNPP
Eksterne skakels Amptelike webwerf Kaart SGP-stemmers 2021 per munisipaliteit, RIVM
Kategorie:Politieke partye in Nederland Kategorie:Christendom in Nederland Kategorie:Calvinisme