Mount Fletcher is 'n dorp in Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die stad Mthatha is 129 km per pad vanaf Mount Fletcher.
Geskiedenis Die dorp is in 1882 gestig en moontlik na eerwaarde Joe Fletcher genoem.
Die distrikshospitaal se naam is Tayler Bequest, Oos-Kaapse Departement van Gesondheid vernoem na 'n ene 'Tayler' wat 'n sendingstasie hier opgerig het. Sommige van die ouer dele van die hospitaal is oorblyfsels van die sendingstasie en het museumstatus.
Distrik Die subdistrik is 2 440 km² groot en word hoofsaaklik deur die Hlubi-Xhosastam bewoon. Die belangrikste ekonomiese bedryf is skaapboerdery. Die Castle Rockpiek (2 141 m) is aan die westekant van die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Joe Gqabi