Burgersfort is 'n dorp in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp lê sowat 60 km noord van Lydenburg, en 26 km van Ohrigstad af in die vallei van die Spekboomrivier naby die sameloop met die Steelpoortrivier.
Oorsprong van dorpsnaam Die dorp het sy naam gekry van die seskantige Fort Burgers wat in 1876–77 gebou is tydens die tweede oorlog van Transvaal met die Bapedi. Die fort is vernoem na President Thomas François Burgers.
Mineraal- en landbouproduksie Groot neerslae van ystererts, asbes, andalusiet en vanadium is in die distrik bevestig, en word tans ontgin. Die belangrikste gewasse is lusern, tabak, koring en sitrus.
Sien ook De Hoopdam, dam naby die dorp. Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Limpopo