Olga Kirsch (*23 September 1924, Koppies –†5 Junie 1997, Rehovot) was 'n Afrikaanse digteres. Naas Elisabeth Eybers, is sy die tweede vroulike Afrikaanse digteres. Sy maak grootliks van haar Joodse afkoms en ervaringe gebruik as inspirasie vir haar digkuns. Kirsch emigreer in die 1940's na Israel, en dig 24 jaar lank nie in Afrikaans nie. Eers ná 'n besoek aan Suid-Afrika in die 1970's verbreek sy haar stilte en begin weer in Afrikaans dig.

Lewe en werk Herkoms en vroeë lewe Olga Kirsch was op 23 September 1924 op Koppies, in die Oranje-Vrystaat in Suid-Afrika gebore, waar sy grootgeword het. Sy studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en verwerf 'n B.A. (Hons.) met Afrikaans-Nederlands en Geskiedenis as hoofvakke. Sy debuteer in 1944 op 20-jarige ouderdom met die bundel Die Soeklig en publiseer haar tweede bundel, Mure van die hart, op ouderdom vier-en-twintig Sy is die middelste van vyf kinders, drie dogters en twee seuns. Haar pa was ’n Jiddisj-spreker wat voor die Eerste Wêreldoorlog uit Litaue na Suid-Afrika emigreer en haar ma, Eva, was ’n Engelssprekende Suid-Afrikaanse Jodin wat op Volksrust groot geword het. Die algemene handelaar Gordon en Kirsch op die dorp het aan haar pa behoort. Hy is oorlede toe sy twaalf jaar oud was en hy was slegs 35. Engels is haar huistaal, maar al haar skoolmaats in die laerskool op Koppies is Afrikaans en sy sê later dat die Afrikaans wat sy so geleer het, die Engels van haar huis oorheers het. Aan die sinagogeskool op Koppies leer sy ook om Hebreeus te lees en skryf. Haar ouer broer en suster matrikuleer op Koppies, maar sy ontvang haar hoërskoolopleiding in Engels aan die Eunice Girls High School in Bloemfontein. Die gesin verhuis later na Johannesburg waar sy verder studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy begin as ’n mediese student, maar verander gou van studierigting en behaal die B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Geskiedenis as hoofvakke en dan die B.A. Honneurs-graad in Afrikaans en Nederlands onder leiding van C.M. van den Heever.

Lewe in die buiteland Hierna werk sy onder meer by die Joodse Raad van Afgevaardigdes in Johannesburg, gee onderwys en is ook verbonde aan die redaksies van Suid-Afrika en Horison. Sy ontmoet vir Elisabeth Eybers in Johannesburg, met wie sy ’n lewenslange vriendskap sluit. In 1948 tydens die Onafhanklikheidsoorlog emigreer sy na Israel, waar sy allerhande vryskutwerk doen, totdat sy op ’n kibboets teregkom. Op besoek by vriende in Rehovot ontmoet sy haar toekomstige man. Hy is dr. Joseph Gillis, later professor in Wiskunde aan die Weizman Instituut vir Natuurwetenskappe, wat ook in 1948 vanuit Brittanje na Israel geëmigreer het. Hy het in die noorde van Engeland groot geword op Sunderland naby Berwick-on-Tweed en het aan die Universiteit van Cambridge gestudeer. In Julie 1949 is hulle getroud en uit die huwelik word twee dogters gebore, onderskeidelik in 1950 en 1953. Sy doseer vanaf 1959 Engels in Rehovot, eers as onderwyser en later as universiteitsdosent by die Weizman Instituut. Sy verwerf ook ’n M.A.-graad in Engels aan die Universiteit van Jerusalem.

In 1975 besoek Olga Kirsch Suid-Afrika weer vir die eerste keer sedert 1948 wanneer sy saam met Lina Spies die enigste twee digters is wat uitgenooi word om die opening van die Taalmonument naby Paarl by te woon. Haar besoek is moontlik gemaak deur die bemiddeling van Dirk Richard, destyds redakteur van Die Vaderland, en die Joodse Raad van Afgevaardigdes wat haar besoek geborg het. Tydens hierdie kort besoek besigtig sy ook haar geboortedorp, Koppies, en bring tyd deur met Jan Rabie en Marjorie Wallace op Onrus.

Latere jare en sterfte Sy besoek Suid-Afrika weer in 1979 vir die Afrikaanse Radiodiens se boekeveiling en weer in 1981. Die laaste besoek is aan haar sterwende moeder, ’n gebeurtenis wat neerslag vind in die bundel Afskeide. Haar man is op 18 November 1993 oorlede. Die digter en radioman Daniël Hugo besoek Israel in 1994 om ’n dokumentêre radioprogram oor haar lewe en werk te maak, ’n besoek wat hy as ’n hoogtepunt in sy lewe beskou. Hy stel ook ’n keur uit haar gedigte saam in Nou spreek ek weer bekendes aan wat in 1994 ten tyde van haar sewentigste verjaarsdag verskyn. Kirsch korrespondeer hierna nog vir ’n rukkie met Hugo totdat sy ernstig siek word.

Sy ontwikkel in die negentigerjare ’n kwaadaardige breingewas wat lei tot haar dood op 5 Junie 1997 in Rehovot in Israel.

Skryfwerk Afrikaanse skryfwerk Digkuns As baie jong vrou (skaars twintig) debuteer sy in 1944 metMulder, H.A. Standpunte, Reeks 1, No. 2 1945. Die soeklig om ná Elisabeth Eybers slegs die tweede gebundelde vrouedigter in Afrikaans te word en die eerste belangrike digter om die Joodse belewenis in die Afrikaanse letterkunde te verwoord.Opperman, D.J. Verspreide opstelle. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 1977. Haar eerste bundel staan nog onder die invloed van die Dertigers, maar toon in enkele verse reeds ’n woordvaardigheid wat groot belofte toon. Die Tweede Wêreldoorlog figureer in hierdie bundel, veral in verse van die vrou wat agterbly terwyl die geliefde gaan veg (vergelyk Iets het gesterf in my met jou vertrek en Dagbreek). Sy word die eerste vroulike digter wat oorlogspoësie skryf en daardeur  ’n unieke perspektief verskaf. In hierdie verse slaag sy daarin om die teenstelling tussen liefdesdrome en die wrede werklikheid van oorlog uit te beeld, terwyl dit ook ’n belangrike tematiese verruiming vir die Afrikaanse digkuns is. Die oorlog vind reeds uiting in die bundeltitel, wat op sy beurt terug gevind kan word in die gedig Eens, lank gelede. Hierin word die nagte van geluk voor die oorlog gekontrasteer met die oorlogsgeweld. Die voetsoldaat bevat reeds die soberder taalgebruik wat haar latere poësie kenmerk en beskryf die vernietiging van die menslike gees wat deur oorlogsgeweld meegebring word. Die sonderlinge liefdesverse in hierdie bundel maak ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde (veral Illusie met sy blye verwagting van die weersiens van die afwesige geliefde), terwyl daar ook gedigte is oor die gevoelens van geluk, weemoed en pyn en die menslike verganklikheid (Aan ’n ou vrou, Die gestorwene en Die jong moeder). Natuurstemmings word kundig gebruik om die eie gemoedslewe te tipeer, soos in Die najaar. Galatea is deur die Griekse mitologie geïnspireer, na aanleiding van die standbeeld wat Pygmalion gemaak het en wat toe deur Aphrodite lewend gemaak is. Vir Gaza is die geskiedenis van Simson uit die Bybel se liefde en wraak as boustof gebruik. Haar Jodinskap sorg dat met hierdie bundel ’n unieke verwysingswêreld in die Afrikaanse digkuns sy beslag kry.

In Die Huisgenoot van 21 Junie 1946 publiseer sy gedigte oor die Joodse ervaring van die Tweede Wêreldoorlog (wat later in Mure van die hart opgeneem word) naamlik Twee Paassange en twee ander gedigte wat nooit gepubliseer is nie, Palestynse sange (Lied van die terroriste en Voor die vuurpeloton).Hugo, Daniel. Olga Kirsch (1924–1997) in Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 3. J.L. van  Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 2006. Die bundelGrové, A.P. Standpunte. Jaargang 4, no.2, 1949. Mure van die hartNienaber-Luitingh, M. Beeld, 24 November 1980. ontgin die Sionistiese verlange wat na die Tweede Wêreldoorlog by Jode posvat vir ’n eie vaderland,Swanepoel, P.H. Die Transvaler, 26 Januarie 1981. terwyl die verlies van ’n minnaar op die slagveld ook betreur word. In die tyd waarin dit geskryf word, direk na die Tweede Wêreldoorlog, bevat die bundel ’n aantal gedigte oor die oorlogsituasie wat nie beperk is tot hierdie oorlog nie en universele toepassing verkry. Die eerste, ongetitelde afdeling is gewy aan sober gedigte oor die dood van die minnaar, met veral Rouweek en Na-oorlogse lente wat die emosies kernagtig saamvat. Die tweede afdeling, By die riviere van Babel, se titel verwys na Psalm 137 en die Israelitiese ballingskap in Babel en hulle verlange na die vaderland. Hierdie afdeling bevat drie gedigte met vereenselwiging met die lotgevalle van die Joodse volk, met die Babiloniese ballingskap en die Egiptiese slawerny wat die gebeure tydens en ná die Tweede Wêreldoorlog in ’n historiese perspektief plaas. Die wandelende Jood het die eeue-oue pelgrimstog van die Israeliete as tema, voortgesit in die anti-Semitisme en Jode-vervolging van net voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog. ’n Hoogtepunt is Die erfenis van Israel, wat as boodskap en verduideliking gerig is aan die nog ongebore kind, terwyl Heimwee die hunkering na die terugkeer na Jerusalem beskryf. Daar is ook gedigte oor die tipies Joodse ervaringswêreld in die afdeling Twee Paassange. Die uittog verwys na die verlossing van die Israeliete uit Egipte, met die slotstrofes wat ook die huidige bestaan as ’n woestynsbestaan suggereer, terwyl Koms van die Messias uiting gee aan die Joodse volk se verlange na die Messias en die verlange na ’n eie vaderland. Die afdeling Drie sonnette het mislukte verhoudings as tema. As lid van ’n volk wat deur die eeue heen verdruk en vervolg is, het sy ook groter gevoeligheid as haar tydgenote vir die rasse onreg in Suid-Afrika en die afdeling Blokhuis bevat gedigte oor hierdie onderwerp. Geloofsbelydenis neem standpunt in teen die gewaande meerderwaardigheid van die witmense wat hulle op valse godsdienstige gronde probeer regverdig. Die gedig is ’n wrang verklaring van die wit spreker se geloof dat sy ras meerderwaardig is op grond van ’n waninterpretasie van die gebeure beskryf in Genesis 9:24-27, waarvolgens die witman skynbaar die reg het om wandade te pleeg teen die swart mense. Gedagtewisseling is ’n effektiewe aanwending van die uittelrympie om die swart kind se uiteinde aan te dui. Die bundel sluit af met die kwatryn Blokhuis, waarin die beeld mooi uitgewerk word en knap met die dubbelbetekenis van die skrif teen die muur speel. Hierdie bundel is ’n hoogtepunt in Kirsch se oeuvre. Weens haar verhuising na Israel en haar digterlike stilswye in hierdie tyd, word daar vermoed dat haar Afrikaanse digterskap afgeloop is.