Neil Abercrombie (* 26 Junie 1938 in Buffalo, New York) het tussen 2010 en 2014 as die sewende goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Hawaii gedien.

duimnael|links|Neil Abercrombie (links) lê die ampseed af as 7de Goewerneur van Hawaii Hy was die Demokratiese afgevaardigde van die Eerste Kongressionele Distrik van Hawaii wat die stadsgebied van Honolulu behels. Hy het sy setel in die Amerikaanse Kongres tussen 1991 en 2010 gehou toe hy as kandidaat in die Hawaise goewerneursverkiesing gestaan het. Hy het hierdie amp vanaf 6 Desember 2010 tot 1 Desember 2014 beklee.

Abercrombie was vroeër ook 'n afgevaardigde in die Hawaise parlement en 'n lid van Honolulu se stadsraad.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Hawaii Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse sosioloë