Uttar Pradesh (Hindi: उत्तर प्रदेश; Oerdoe: اتر پردیش, [ˈʊt̪t̪ər prəˈd̪eːʃ], , letterlik "Noordelike Provinsie") is 'n deelstaat in die noorde van Indië. Die hoofstad en grootste stad is Lucknow. Van die ander groot stede is Agra, Benares (voorheen Varanasi), Ghaziabad, Kanpur, Meerut en Prayagraj (voorheen Allahabad). Naas die ampstale Hindi en Oerdoe word veral Awadhi, Bagheli, Bhojpuri, Braj, Bundeli en Kannauji in die deelstaat gepraat. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Ganges en die Yamuna, twee van die grootste riviere van Indië. Die Taj Mahal, een van Indië se bekendste baken, is in Agra geleë. In Uttar Pradesh lê ook die Buddh Internasionale Renbaan, waar drie keer die Indiese Grand Prix (in 2011, 2012 en 2013) gehou is.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf