Karnataka (Kannada: ಕರ್ನಾಟಕ, Karnāṭaka, [kəɾˈnɑːʈəkɑː]), tot in 1973 Mysore, is 'n deelstaat in suidwestelike Indië. Die hoofstad en grootste stad is Bangalore, gevolg deur Hubli-Dharwad. Die deelstaat het 'n bevolking van 61 130 704 in 2011 gehad. Naas die ampstaal Kannada word onder andere Konkani gepraat. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes-Ghats en die Krisjna, een van die grootste riviere van Indië.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf