Jean-Jacques Rousseau (* 28 Junie 1712 in Genève; † 2 Julie 1778 in Ermenonville (Oise) naby Parys) was 'n Geneefse skrywer, filosoof, opvoedkundige, natuurnavorser en komponis van die Verligtingstydperk. As beduidende wysgerige was hy een van die wegbereiders van die Franse Rewolusie en het 'n groot invloed op die 19de- en 20ste-eeuse opvoedkunde en politieke teorieë uitgeoefen.Jean-Jacques Rousseau, in die Historical Dictionary of Switzerland.

Sy Discours sur l'origine et les fondements de l'inégalité parmi les hommes (Diskoers oor die oorsprong en grondslag van ongelykheid tussen mense) en Du contrat social; ou Principes du droit politique (Oor die sosiale kontrak; of die Beginsels van politieke reg), is hoekstene in moderne politieke en sosiale denke. Rousseau se sentimentele roman Julie ou la Nouvelle Héloïse (Julie, of die Nuwe Héloïse) (1761) was belangrik vir die ontwikkeling van preromantiek en romantiek in fiksie. vir 'n paar interessante voorbeelde van kontemporêre reaksies op hierdie roman. Sy Émile, ou De l’éducation (Emile, of oor die Onderwys) (1762) is 'n opvoedkundige verhandeling oor die plek van die individu in die samelewing. Rousseau se outobiografiese geskrifte – die postuumgepubliseerde Les Confessions (Belydenisskrifte saamgestel in 1769), 'n begin van die moderne outobiografie, en die onvoltooide Les rêveries du Promeneur Solitaire (Die dagdrome van 'n Eensame Wandelaar) (saamgestel 1776–1778) – het die laat 18de-eeuse “Tydperk van Ontvanklikheid” (Age of Sensibility) geïllustreer en 'n verhoogde fokus op subjektiwiteit en introspeksie gebring wat later moderne skryfwerk gekenmerk het.

Rousseau raak in 1742 bevriend met mede-filosoof Denis Diderot, en skryf later oor Diderot se romantiese probleme in Les Confessions. Gedurende die tydperk van die Franse Revolusie was Rousseau die gewildste van die filosowe onder lede van die Jakobyne-klub. Hy is in 1794 as 'n nasionale held in die Panthéon in Parys begrawe, 16 jaar ná sy dood.

Biografie Jeug links|duimnael|Die huis waar Rousseau gebore is in, Grand-Rue, nommer 40, Genève Rousseau is gebore in Genève, wat destyds 'n stadstaat was en 'n Protestantse assosiaat van die Switserse Konfederasie (nou 'n kanton van Switserland). Sedert 1536 was Genève 'n Hugenote-republiek en die setel van Calvinisme. Vyf geslagte voor Rousseau het sy voorouer Didier, 'n boekhandelaar wat moontlik Protestantse traktate gepubliseer het, die vervolging van Franse Katolieke vrygespring deur in 1549 na Genève te vlug, waar hy 'n wynhandelaar geword het.

Rousseau was trots daarop dat sy familie, van die Moyen-orde (of middelklas), stemreg in die stad gehad het. Gedurende sy hele lewe onderteken hy sy boeke "Jean-Jacques Rousseau, burger van Genève".

Genève, in teorie, was "demokraties" beheer deur sy manlike stemgeregtigde "burgers". Die burgers was 'n minderheid van die bevolking in vergelyking met die immigrante, na verwys as 'inwoners', wie se afstammelinge 'inboorlinge' genoem is en steeds nie stemreg gehad nie. Trouens, in plaas van deur die stemme van die 'burgers' bestuur te word, word die stad beheer deur 'n klein aantal welgestelde gesinne wat die "Raad van Tweehonderd" uitgemaak het; hierdie het hul mag gedelegeer aan 'n uitvoerende groep met 25 lede, onder wie die "Klein Raad".

Daar was baie politieke debatte in Genève, wat ook die handelaars insluit. Baie besprekings was oor die idee van die soewereiniteit van die mense, waarvan die heersende oligargie-klas 'n bespotting gemaak het. In 1707 protesteer 'n demokratiese hervormer genaamd Pierre Fatio teen hierdie situasie en sê "'n soewerein wat nooit 'n daad van soewereiniteit verrig nie, is 'n denkbeeldige wese". Hy is op bevel van die Klein Raad gefusilleer. Jean-Jacques Rousseau se pa, Isaac, was op daardie stadium nie in die stad nie, maar Jean-Jacques se oupa ondersteun Fatio en word daarvoor gestraf.

Rousseau se pa, Isaac Rousseau, het sy oupa, pa en broers gevolg in die horlosiebedryf. Hy het ook vir 'n kort tydperk dans aangebied. Isaac, ondanks sy ambagstatus, was goed opgevoed en lief vir musiek. Rousseau het geskryf dat " 'n Geneefse horlosiemaker, 'n man is wat oral voorgestel kan word; 'n Paryse horlosiemaker is slegs geskik om oor horlosies te praat".Notaː En inderdaad het 'n Britse besoeker gesê: "Selfs die laer klas mense [van Genève] is uiters goed ingelig, en daar is miskien geen stad in Europa waar geleerdheid meer algemeen versprei word nie."; 'n Ander een in die middel van die eeu het opgemerk dat werkers uit Genève graag die werke van John Locke en Charles Montesquieu lees." — Leo Damrosch

In 1699 het Isaac politieke probleme ondervind as gevolg van 'n rusie met besoekende Engelse offisiere, wat in reaksie hulle swaarde getrek en hom gedreig het. Nadat plaaslike amptenare ingegryp het, is dit Isaac wat gestraf word, aangesien Genève bekommerd was oor die behoud van sy bande met vreemde moondhede.

Rousseau se ma, Suzanne Bernard Rousseau, was uit 'n hoër klas familie. Sy is grootgemaak deur haar oom Samuel Bernard, 'n Calvinistiese prediker. Hy het na Suzanne omgesien nadat haar pa, Jacques, wat in die vroeë 30's met die regs- en godsdienstige owerhede in die moeilikheid beland het weens buite-egtelike aktiwiteite en 'n minnares. In 1695 moes Suzanne die aanklagte antwoord dat sy 'n straatteater bygewoon het en was as 'n boervrou vermom, sodat sy na M. Vincent Sarrasin kon kyk, wat sy ten spyte van sy voortgesette huwelik liefgehad het. Na 'n verhoor is sy deur die Geneefse konsistorie beveel om nooit weer met hom te kommunikeer nie. Sy trou op 31 -jarige ouderdom met Rousseau se pa. Isaac se suster het agt jaar tevore met Suzanne se broer getrou nadat sy swanger geraak het en hulle deur die konsistorie getugtig is. Die kind is by geboorte dood. Die jong Rousseau het 'n gefabriseerde verhaal vertel oor die situasie waarin jong liefde deur 'n afkeurende aartsvader ontken is, maar later die oorhand gekry het, wat daartoe gelei het dat twee huwelike die gesinne op dieselfde dag verenig het. Rousseau het nooit die gehoor nie.

Rousseau is op 28 Junie 1712 gebore, en hy sou later vertel: "Ek is amper sterwend gebore, hulle het min hoop gehad om my te red". Hy is op 4 Julie 1712 in die groot katedraal gedoop. Sy ma sterf aan kraamkoors nege dae na sy geboorte, wat hy later as "die eerste van my terugslae" beskryf het.

Hy en sy ouer broer François is grootgemaak deur hul pa en 'n tante van vaderskant, ook Suzanne genoem. Toe Rousseau vyf was, verkoop sy pa die huis wat die gesin van sy ma se familie ontvang het. Alhoewel die idee was dat sy seuns die huis sou erf as hulle groot gggeword het en hy intussen van die rente sou leef, het die vader uiteindelik die grootste deel van die opbrengs geneem. Met die verkoop van die huis, verhuis die Rousseau-gesin uit die hoërklasbuurt en verhuis na 'n woonstel in 'n woonbuurt van ambagsmanne-silwersmede, graveerders en ander horlosiemakers. Hy het grootgeword omring deur diegene wat meer estetiese werke geproduseer het, en skryf "die belangrike persone wat kunstenaars eerder as ambagsmanne genoem word, werk uitsluitlik vir lediges en rykes en plaas 'n arbitrêre prys op hul snuisterye." Rousseau is ook blootgestel aan klaspolitiek in hierdie omgewing, aangesien die vakmanne dikwels in 'n veldtog van verset teen die bevoorregte klas wat Genève bestuur, georganiseer het.

Rousseau kon nie onthou hoe hy geleer lees het nie, maar hy onthou hoe sy pa, toe hy vyf of ses was, sy liefde vir lees aangemoedig het:

“Elke aand, na ete, lees ons 'n deel van 'n klein versameling romans [avontuurverhale], wat van my ma gekom het. My pa se doel was net om my lees te verbeter, en hy het gedink dat hierdie vermaaklike werke bereken is om my 'n voorliefde daarvoor te gee; maar ons was spoedig so geïnteresseerd in die avonture wat hulle bevat, dat ons afwisselend hele nagte saam gelees het en dit nie kon toelaat om op te hou voor die einde van 'n bundel nie. Soms, in die oggend, toe ek die swaeltjies by ons venster hoor, het my pa, wat skaam was oor hierdie swakheid, uitgeroep: "Kom, kom, laat ons gaan slaap; ek is meer 'n kind as wat jy is." (Les Confessions, Boek 1)

Rousseau se lees van ontspannings verhale (soos L'Astrée deur Honoré d'Urfé) het 'n uitwerking op hom gehad; hy het later geskryf dat hulle "my bisarre en romantiese opvattings oor die menslike lewe gegee het, waarvan ervaring en besinning my nooit kon genees nie." Nadat hulle die romans klaar gelees het, het hulle 'n versameling antieke en moderne klassieke wat deur die oom van sy ma nagelaat is, begin lees. Hiervan was sy gunsteling Plutarchus se Lewens van die adellike Grieke en Romeine, wat hy vir sy vader sou lees terwyl hy horlosies maak. Rousseau het Plutarchus se werk as 'n ander soort roman beskou – die edele optrede van helde – en hy sou die dade van die karakters waaroor hy gelees het, uitvoer. In sy Les Confessions verklaar Rousseau dat die lees van Plutarchus se werke en "die gesprekke tussen my vader en myself waartoe dit aanleiding gegee het, het in my 'n vrye en republikeinse gees gevorm".

Om te sien hoe die plaaslike inwoners aan milisies deelneem, het 'n groot indruk op Rousseau gemaak. Gedurende sy hele lewe sou hy 'n toneel onthou, nadat die vrywillige burgermag hul maneuvers voltooi het, om 'n fontein begin dans het en die meeste mense uit die naburige geboue by hulle uitgekom het, waaronder hy en sy pa. Rousseau sou milisies altyd as die verpersoonliking van volksgees beskou in teenstelling met die leërs van die heersers, wat hy as skandelike huursoldate beskou het.

Toe Rousseau tien was, het sy pa, 'n ywerige jagter, in 'n regsgeskil betrokke geraak met 'n welgestelde grondeienaar op wie se grond hy betrap is. Om 'n sekere nederlaag in die howe te vermy, verhuis hy na Nyon in die gebied van Bern en neem Rousseau se tante Suzanne saam. Hy trou weer, en van toe af sien Jean-Jacques hom min. Jean-Jacques is agtergelaat by sy oom, wat hom saam met sy eie seun, Abraham Bernard, twee jaar lank saam met 'n Calvinistiese predikant in 'n gehuggie buite Genève laat inwoon het. Hier het die seuns die basis van wiskunde en teken geleer. Rousseau, wat altyd diep geraak is deur godsdiensdienste, het selfs 'n tyd lank gedroom om 'n protestantse predikant te word. duimnael|Les Charmettes, waar Rousseau van 1735 tot 1736 saam met Françoise-Louise de Warens gewoon het, nou 'n museum opgedra aan Rousseau Feitlik al ons inligting oor Rousseau se jeug kom uit sy postuum gepubliseerde Les Confessions, waarin die chronologie ietwat verward is, hoewel onlangse geleerdes die argiewe gefynkam het om bewyse te bevestig en om die leemtes in te vul. Op die ouderdom van 13 was Rousseau 'n leerder eers by die notaris en daarna by 'n graveerder wat hom geslaan het. Op 15 het hy van Genève weggehardloop (op 14 Maart 1728) nadat hy teruggekeer het na die stad en die stadspoorte gesluit gevind het weens die aandklokreël.

In die aangrensende Savoye skuil hy by 'n Rooms-Katolieke priester, wat hom voorgestel het aan Françoise-Louise de Warens, 29 jaar oud. Sy was 'n edelvrou met protestantse agtergrond wat van haar man geskei was. As professionele leke-sendeling, is sy deur die koning van Piëmont betaal om te help om Protestante na die Katolisisme te bekeer. Hulle stuur die seuntjie na Turyn, die hoofstad van Savoye (wat Piëmont in die huidige Italië insluit), om sy bekering te voltooi. Dit het daartoe gelei dat hy sy Geneefse burgerskap moes prysgee, hoewel hy later na Calvinisme sou terugkeer om dit terug te kry.